Saturday, September 16, 2006

Naartjies

Ek't gister twee naartjies gekoop. Suid-Afrikaanse naartjies. Lekker naartjies. Moes R13 betaal vir net twee. Die persoon by die betaalpunt het twee maal gekyk of ek regtig soveel betaal vir net twee vrugte. Ek self het twee maal gedink oor of ek dit regtig moet doen. Veral nie nadat ek minute vantevore 'n hele R20 betaal het vir vier Kaapse appels, vier lemoene, drie baby marrows, 'n pampoen, ses tamaties, twee wortels en twee mangos nie! So, ja, dis laf om helfte soveel te betaal vir net twee naartjies. Maar hulle was lekker! Het my laat huistoe verlang. Dis darem beter as om in Taiwan R15 te moes betaal vir een lekker appel...

No comments:

Post a Comment